Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Gesondheid en aanbied van Intertak
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 18 September 2024
Intertak van Sirkel Paarl word aangebied deur Suider-Paarltak op ‘n vrolike en gesonde noot
Die intertak het op 18 September 2024 in die Historium – deel van die Afrikaanse Taalmuseum, plaasgevind. Elke tak in die sirkel kon 3 afgevaardigdes stuur. Daar was ongeveer 60 persone teenwoordig.
Nadat almal welkom geheet is in mooi saal met pragtige gedekte tafels is die vergadering geopen deur me Nonnie Malan wat verse uit die bybel gelees het oor die natuur.
Na die sing van die VLVK lied het die gaste “Dis heerlike Lente” hartlik en vrolik saamgesing. Dit was ook die tak se Gesonheidsvergadering en Dr Scholtz, ‘n dermatoloog van Stellenbosch, het gepraat oor Kanker, maar hoofsaaklik velkanker.
Sy het verduidelik wat kanker is en hoe ‘n persoon moet oplet na veral velkankers. Sy het met behulp van skyfies die verskillende soorte velkankers uitgewys. Die vorm, kleur en oppervlakte verskil van die soorte kankers. Sodra ‘n persoon iets onreelmatig oplet moet daarna gekyk word. Indien dit in vroë stadiums waargeneem word, kan dit baie maklik behandel word.
Me Berdine Spangenberg, verteenwoordiger van Eucerine produkte, het haar praatjie gewy aan versorging van die vel en veral teen sonbrand. Sy het ook aan elkeen ‘n pak met produkte van Eucerine uitgedeel. Dit het groot byval gevind.
Daarna het me Marie Hammann, ‘n lid van Suider Paarltak, haar eenbedryf “Die vere maak die voël” as ‘n radioverhaal voorgelees. Dit was voortreflik gedoen.
Me Anita Basson, die Gesondheidsaamroeper, het ‘n kort film vertoon oor die gebruik en waardes van verskillende kruie. Oral op die tafels was takkies van verskillende soorte kruie in flessies. Elke voorsitter van die 8 takke het ‘n “tassie massie” as geskenk gekry.
Vir die kompetisie tussen die takke was daar vier verskillende artikels waaraan deelgeneem kon word met die tema: Leef Groen en Gesond. Suider Paarltak het die Intertakbeker gewen.
Die oggend is afgesluit met heerlike tee en gesonde eetgoed elk met iets van speserye of kruie te doen. Baie interessant.
Sing van VLVK lied en lied 257, Dis Heerlike Lente.
Karen Barnard, Sirkel President, bedank die 2 sprekers, links, Dr Scholtz en regs Berdine Spangenberg.
Marie Hammann lees haar woordkuns : Die vere maak die voël” voor.
Me Anita Basson wys die kort film.
Die film oor kruie.
Me Gonny du Plessis ontvang die Intertakbeker van me Karen Barnard.
Leave A Comment