Tak: Dordrecht – NOK

Studierigting: Land- en Tuinbou

Aanbieder: Lenie Fourie

Beriggewer: Ninke Venter

Datum: 18 September 2024

 

Dordrecht leer oor jaghonde

 

Die Dordrecht-tak word besoek deur ‘n plaaslike boer, Brendon Muir, wat praat oor sy jaghonde. Hy vertel hoe hy betrokke geraak het by die sport en hoe die kompetisies werk: Met ‘n kompetisie stap 3 beoordelaars saam. Twee honde het 15 minute om ‘n voël te kry. Elkeen kry 3 probeerslae. Na so ‘n oefening word daar beslis wie geïlimineer word en so gaan dit aan tot hul op die beste beslis. ‘n Kompetisie duur gewoonlik 3 dae. Daar mag ‘n gallery (toeskouers) saamstap. Die honde moet die voël kan opspoor dmv van sy reuke en daarom word daar slegs in die winter kompetisies gehou/gejag, want die voëls verloor hul reuk tydens die somer. Bergpatryse is ‘n gesogte voel om te jag. Daar word net 5 voëls per dag, per persoon gejag.

Irish Setter –Chippie hardloop nie ver nie, terwyl ‘n English Pointer ver kan hardloop. Rip –English Pointer, se saad is ingevoer vanaf Amerika. Die invoer van hierdie saad het R100 000 gekos. Rip se pa het die Nasionale Kampioenskappe in Amerika al 4 keer gewen.

Brendon, Chippie & Rip  

Chippie die Irish Setter 

Rip, die English Pointer

Lenie Fourie van Dordrecht-tak, wat ‘n geskenk oorhandig aan die demonstreerder.