Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 17 September 2024
VLV VOËLVLEI VIND VREUGDE IN GEE
VLV Voëlvlei was bevoorreg om bydraes aan ‘n paar instansies te skenk na suksesvolle fondsinsamelings in Julie en Augustus.
Na ‘n reusegeskenk van gebruikte linne, is die linne wat nie net so gebruik kon word nie, verkoop of verwerk in matrassies om weer ander instansies te kon help.
Teegeld wat van gaste ingevorder word tydens ons tak se maandelikse byeenkomste en die opbrengs van ons jaarlikse marktafel is ook gebruik vir aankope van produkte vir skenkings.
Strooikussingslope en stoelkussingoortreksels is gewas en gestop en geskenk aan die DBV in Mosselbaai, asook aan ODIN in Oudtshoorn.
‘n Kontantbydrae is gemaak aan Kerneelsie Cares NPC (Albertinia) vir die sterilisasie van katte en honde van Bietouville en Gouritsmond.
400 kleuter- en kinder-“pull-ups” is geskenk aan ZJ Jonker Hulpsentrum in Mosselbaai.
Toiletware is geskenk aan twee ACVV tehuise in Mosselbaai.
‘Fleecy’ kombersies is geskenk aan Albertinia Versorgingsdienste.
Die dankbaarheid waarmee hierdie skenkings ontvang is, is beloning groter as enigiets wat met geld gekoop kan word.
Hetta Wiehman van Albertinia Versorgingsdienste
vlnr Nicolene le Roux, dame van DBV en Hannetjie Cordier
vlnr Andrѐ en Hannetjie by ODIN saam met werkers en inwoners
vlnr Nicolene le Roux, Zettie van der Westhuyzen en Hannetjie Cordier by ZJ Jonker Hulpsentrum
Leave A Comment