Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn en Karin Marais
Datum: 17 September 2024
GOODWOOD BELEEF FRANSE KULTUUR
Kultuur is enigiets wat ‘n groep mense doen en wat oorgedra word. Marisa le Roux het ons, na haar afgelope besoek, aan die Franse kultuur bekendgestel. D.m.v. ‘n powerpoint-aanbieding verkyk ons ons aan die Chateau in Toulouse waar die deure oopstaan, selfs vir die diere om te kom en gaan. Saterdag se mark is ‘n belewenis met musiekgroepe wat optree, skaakkompetisies en allerlei aktiwiteite vir kinders. Hierdie stad het die allermooiste openbare tuine. Die lanings Plataanbome, wat deur Napoleon aangeplant is sodat sy troepe in die skadu kon loop, is besig om dood te gaan.
In Lourdes is ‘n fontein waar die mense glo dat hulle genees kan word en in Albi is ‘n katedraal waaraan 200 jaar gebou is.
Marisa le Roux (spreker) en Bes van Zyl wat haar bedank het.
Goodwood het sy deel in Erfenismaand gedoen deur ‘n Perskeboom by Goodwood-Park se bewaarskool te plant. Natasha Smit, die skoolhoof, het aan die kinders verduidelik waarom bome aangeplant moet word en hulle kon die kompos en beenmeel ruik en voel en kon help om die gat toe te gooi.
Van ons Tak se lede – Wenda Preuss (Voorsitter), Zylia Fourie, Joan le Roux, Renè Tepper en Almarie Moodie. Voor is Karin Marais en Feesia Marais by die perskeboom.
Natasha Smit (Skoolhoof) saam met kinders wat help met die plant van die boom en Karin, Renè en Zylia wat toekyk.
Leave A Comment