SIRKEL: Noord-Karoo

TAK: Murraysburg

PORTEFEULJE:   Potpourri

DATUM: 11 September 2024

BERIGGEWER: Theresa Troskie

 

Murraysburg Potpourri

 

  Potpourri-program:   Voorsitter, Renée Swanepoel

Renée se program dek al 6 studierigtings van VLVK.

Kunste & Handvlyt:  ‘n Aanhaling van Freddie Mercury van Queen-faam word gelees: Someone will always be prettier, Someone will always be smarter, Someone will always be younger, But they will never be you.

Landbou & Tuinbou:  Foto’s en interessante inligting van ’n drywende melkplaas in Rotterdam word met lede gedeel.

Openbare Sake:  Lede se aandag word gevestig op Internasionale Aardedag wat reeds op 22 April was. Sy beklemtoon die belangrikheid om enkel-gebruik plastiek te vermy om die dreigende gevaar van plastiek in die wêreld oseane te verminder.

Opvoeding en Kultuur:  ‘n Kompetisie oor idiome en gesegdes, wat uit die Bybel ontleen is, word gehou.

Gesondheid:   Lede kry die geleentheid om elkeen ‘n klompie vrae te beantwoord om te bepaal hoe goed elkeen se geheue is. Renée het onlangs ‘n geheuekliniek besoek. ‘n Psigiater neem die toets af.  Mediese fondse betaal hiervoor met ‘n verwysing deur ‘n algemene praktisyn.

Leefstyl:   Ashley Dokter, deelnemer aan Kokkedoor Vuur en Vlam en ‘n seun van Murraysburg, stel sy eie wyn aan die lede bekend.  Daar word heerlik geproe en soutigheidjies daarmee saam geniet.  ‘n Verskeidenheid ander wyne word ook geproe.