Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper: Adrene Verdoes

Beriggewer: Annica Strydom

Datum: 10 September 2024

Veiligheid is prioriteit vir VLV Calvinia

 

Op 10 September 2024 het ‘n klein groepie dames en Jan du Toit die gasspreker by Kani Parker se huis bymekaar gekom vir die Openbare Sake vergadering.

Adrene Verdoes het die vergadering geopen met Ef 1:19-21.

Jan du Toit is eerste aan die beurt met veiligheid. Jan gee eers so paar wenke vir buite die huis:

  • Wees altyd bewus wat rondom jou aangaan. Bv as jou selfoon lui trek dit jou aandag af.
  • As jy ‘n verdagte persoon gewaar, groet die persoon vriendelik en kyk hoe hy reageer teenoor jou.
  • Indien jy Cashbacks by die winkelkassier neem wees bewus dat dit gevaarlik is, want almal rondom jou en die kassier voor jou weet hoeveel jy neem. Dus is OTMs veiliger.
  • Hou jou motorsleutel te alle tye in jou hand op pad motor toe, sodra jy begin soek is jou aandag ook af getrek en is jy ‘n sagte teiken.
  • Indien jou motor nie met die afstandbeheerder wil sluit nie (jy vermoed hy word geblok), sluit jou motor met die hand (manual).

 

 

Die volgende paar wenke is vir in / by die huis:

  • Hou alles altyd gesluit / toe
  • Indien jy ‘n vuurwapen het, wees net bewus van al die gevolge wat daarmee gepaard gaan om hom te gebruik.
  • Hou ‘Doom’ of ‘oven cleaner’ in elke vertrek / naby jou deure om die ongewenste persoon te spuit. Dit disorieënteer die persoon.
  • Pepper spray werk nie baie goed indien die verdagte persoon ‘n dwelmmiddel gebruik nie, dwelms veroorsaak dat die persoon se pyn drempel basies nie bestaan nie.
  • Moenie die persoon aanval nie, hy sal terug aanval.
  • Indien jy wel geen ander keuse het nie, sagte areas sluit in: Neus, oë, maag, tussen sy bene (indien ‘n man)
  • ‘n Opgerolde tydskrif / koerant slaan lekker.
  • Meestal is ons almal te gerus met ons huiswerker. Nie noodwendig altyd die persoon wat by ons werk nie, maar hul sê net iets terloops soos: “sjoe mevrou het vandag die mooiste juwele aangehad” en iemand hoor dit wat dit nie moes hoor nie.
  • As jy jou selfoon moet gebruik in ‘n noodsituasie tydens die nag, onthou die selfoon lig sal vir die persoon ‘n aanduiding gee van waar jy is.

Na Jan du Toit se baie goeie wenke oor veiligheid het Adrene Verdoes ons bietjie bewus gemaak en wenke geleer oor brande by die huis.

  • ‘n Brand benodig 3 goed: Hitte, ‘n stof wat kan brand en suurstof
  • Dus, neem een van die elemente weg om brand te blus
  • Daar is 3 verskillende soorte brandblussers, die beste een om in die huis/kombuis te hê is die een met Koolstofdioksied
  • Hoe maak jy met ‘n brandblusser?
    • Vat hom
    • Draai seël af
    • Trek die pennetjie uit
    • Mik na die basis (onderkant) van die vuur
    • Druk op boonste handvatsel (lever) en spuit in ‘n vee-aksie
    • Indien hy leeg is, sit hom eenkant, maar nie regop nie, sit hom op sy kant
  • Hoe maak mens met ‘n gasbottel / pot wat brand?
    • Maak jou hande toe met ‘n nat handdoek of lap voor jy dit probeer toe maak / pot probeer verwyder
  • Indien ‘n huis / gebou brand, hoe maak jy?
    • Plat op jou knieë / kruip
    • Maak alle deure toe soos jy gaan
    • As jy by ‘n toe deur kom wat jou na buite / veiligheid sal lei, voel eers op die knip of daar vuur aan die anderkant is of nie. Indien die knip van die deur koud is, is die veilig, indien warm is dit onveilig.
  • Indien jy begin brand:
    • Stop
    • Val plat
    • Rol
  • Wat veroorsaak brande die meeste:
    • As iemand in die bed rook
    • Kerse
    • By ‘n vuur / braaivleis as mens sommer net enige iets op die gooi
    • Sekere chemikalieë wat gemeng word bv Domestos en Waspoeier, so wees maar versigtig vir die aanlyn videos met hul wenke vir skoonmaak
    • Kragproppe en verlengkoorde
  • Na die praatjie doen die dames ‘n noodtekensaktiwiteit

Daar was algemene sake soos nuwe bestuur, verjaarsdae, ens bespreek na die afloop van die interessante praatjies deur Jan du Toit en Adrene Verdoes. Koffie, tee en heerlike eetgoed deur Adrene voorberei was ook geniet tydens die bespreking van die algemene sake.

 

Jan Du Toit praat oor veiligheid.

Adrene Verdoes demonstreer hoe om met ‘n brandblusser te werk.

Adrene Verdoes demonstreer hoe om te vee met ‘n brandblusser tydens ‘n brand.

 

.