Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Portefeuljes: Kunste & Handvlyt en Opvoeding & Kultuur

Saamroepers: Carol Loubser en Marina Visser

Datum van vergadering: 3 September 2024

 

Graafwater uitstappie na Clanwilliam

 

GRAAFWATER VLV SE “KUNSTE & HANDVLYT EN OPVOEDING EN KULTUUR” UITSTAPPIE NA CLANWILLIAM OP 3 SEPTEMBER 2024

Die Blommekerk (Ou NG Kerk) is ontwerp deur Charl Hager, ‘n Duitser. Word in 1864 opgerig en word vir 100 jaar as kerk gebruik. Die veldblomvereniging het dit in 1972 begin gebruik en in 1978 is dit tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Dit word elke jaar gebruik vir die blommeskou.

Anja Laing, Magda Kotze, Benita Gerber, Hester Maas, Maritha de Klerk en Rita van Lill voor die Blommekerk.

Die deur van die Blommekerk is van Sederhout gemaak.

Marina Visser, Marietjie Visser en Martie du Plessis by die St John’s Anglikaanse Kerk. Sophie Gray was die argitek van hierdie kerk in 1866. Dit is in 1874 gebou. Sy word beskou as SA se eerste vroulike argitek.

St. John’s Anglikaanse Kerk

Carol Loubser en Marietjie Visser by die Clanwilliam Kunshuis

By die biblioteek. Van agter na voor: Maritha de Klerk, Mariette vd Weide, Martie du Plessis, Mariette Swanepoel, Hester Maas, Helena du Toit, Marietjie Visser, Wilma van Dyk, Marina Visser, Magda Kotze en Anja Laing. Die Leipoldt Nortier biblioteek is in 1957/58 gebou ter nagedagtenis aan Dr Lois Leipoldt en Dr P Le Fras Nortier.

Ons hou vergadering en geniet iets te ete by Ramskop Natuurtuin.