Sirkel:  Overberg

Tak: Bredasdorp

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Letty-Ann Möller

Datum: 3 September 2024

Gesonde Mond Gesonde Liggaam en Balans

“Thank-you VLV team for organizing such impactful speakers. I really enjoyed the afternoon. Well done everyone.”

Die saamroeper, Annatjie de Beer, is geloof vir haar suksesvolle vergadering. Die teikengroep is beslis suksesvol bereik.

Dit was ‘n vol program, want behalwe vir die twee sprekers moes die twaalf taktrofeë uitgedeel word én drie nuwe bestuurslede verkies word.  Alles het spontaan verloop.

Kobus Pretorius, ‘n emeritus predikant van Riviersonderend, het gepas geopen met ‘n verwysing van Spreuke waar daar staan dat dit beter is om ‘n porsie groente in liefde te ontvang as ‘n deel van die vetgemaakte os wat in haat voorgesit word. ‘n Eenvoudige maar treffende boodskap van toepassing op gesondheid.

‘n Jong mondhigiënis met die eerste praktyk van sy soort op Swellendam, Joanie van Zyl, het die gehoor geboei met feite en foto’s oor mondgesondheid. Sy het feite en foto’s afgewissel en die ouer dames akuut bewus gemaak van die versorging van hulle monde. Die risiko van bakterieë wat vanaf die mond swak plekke en die liggaam (soos hartprobleme) kan besmet het die hare laat rys.

Die tweede spreker is een van ons lede, Marietjie le Roux en sy is ‘n spesialis in kinesiologie. Die term is moeilik om uit te spreek maar maklik om te verstaan as dit geanaliseer word as beweging-sielkunde. Rugpyn kan byvoorbeeld ‘n emosionele oorsaak hê en as die oorsaak bepaal is kan die helingsproses begin. Haar energieke aanbieding het almal wakker gehou.

Lootjies, geskenkies, heerlike eetgoed en komplimentêre boeke en tydskrifte het hierdie middagvergadering op Bredasdorp met geesdrif laat verloop.