Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Wittedrift
Portefeulje: Sosiale geleentheid
Saamroeper: Wittedrift-tak
Berriggewer: Carina Bester
Datum: 1 September 2024
WITTEDRIFT SE VROLIKE LENTE-ETE
Die VLV Wittedrift het op 1 September 2024 gesorg vir ‘n bynes van bedrywighede by die Wittedrift NG Kerksaal soos wat daar gewerskaf was om ‘n vrolike Lente-ete vir sowat 88 mense aan te bied. Hierdie funksie was gemik op fondsinsameling sowel as die bemarking van die VLV in die omgewing.
Die Wittedrift-tak het ‘n kleurryke gesiekenis en is gestig op Vrydag 5 September 1958 om 14:00 in die Wittedrift NG Kerksaal. By hierdie historiese geleentheid het ‘n volle 32 lede aangesluit. Tans beskik ons oor 15 aktiewe lede en dit verteenwoording vroue vanaf Plettenbergbaai, Die Crags, Wittedrift en omliggende gebiede.
Wittedrift beskik oor gewelding baie potensiaal om uit te brei. Talle nuwe inwoners het sedert 2020 na hierdie omgewing verhuis en vroue met waardevolle talente, kennis en ervaring in verskeie gebiede kan ‘n groot aanwins vir die VLV wees.
Een van ons lede die goeie voorstel gemaak om ‘n lente-ete op Sondag 1 September 2024 aan te bied. Almal het entoesiasties koppe bymekaargesit om die kerksaal te kon gebruik, en sekere donasies te bekom asook ‘n spyskaart en ‘n plan van aksie saam te stel en alles tot die fynste besonderhede tot uitvoering te bring.
Die kaartjie verkope het ons hoogste verwagtinge oorskry en daar is ywerig voorberei, gebak en gekook om aan 88 mense ‘n heerlike bord kos en nagereg te bedien. Om nie eens te praat van die wonderlike musiek vertoning nie!
Die Wittedrift NG Kerksaal saal is die vorige Saterdag middag reeds voorberei en versier in die gees van Lente met gedekte plekke, tafel versierings en blomme. Op die oggend van 1 September was alles slaggereed. Nadat die gaste om 12:30 met hulle glasies verversings in die hand hulle plekke ingeneem het, het die vermaak begin. ‘n Groep manne sangers, onder leiding van Marie (die NG Kerk orreliste), het ons meegevoer op ‘n nostalgiese reis van musiek, humor en vermaak.
’n Klein groep vroue, het getrou aan die VLV etiek, ons aansit gaste met heerlike slaai, warm kos en ‘n uithaler malvapoeding bedien. Een van ons lede het ook pragtige fotos van die geleentheid geneem. Die atmosfeer was feestelik. Waar kry jy nog soveel waarde vir geld om met musiek, boerekos en poeding so gesellig te kan saamkuier in ‘n historiese kerksaal en boonop vir die tak fondse ook in te samel?
Die vroue is nou vuur en vlam om “Vir Huis en Haard” die VLV tak in Wittedrift te laat groei en blom. Daar word reeds aan die volgende inisiatiewe vir bemarking gewerk en ons het nog heelwat planne om ons tak se fondse aan te vul en nuwe lede te werf.
Tafels gedek, versier en gereed vir ons gaste.
Adriana Metzger en Annelise Muller.
Annie de Jongh, ‘n gesoute onthaler, het ‘n waardevolle bydrae gelewer om alles te laat vlot.
Carina Bester (Verslaggewer), Cynthia Wooding (Voorsitter) en Arlene van Huyssteen (Vise Voorsitter).
Die manne sangers, onder leiding van Marie, die orreliste.
Arlene van Huyssteen en Annie de Jongh besig met kwaliteit-kontrole.
Leave A Comment