SIRKEL: SUID-OOSKUS
TAK: HUMANSDORP
DATUM: 27 AUGUSTUS 2024
PORTEFEULJE: OPENBARE SAKE
SAAMROEPER: JACKIE ROBERTS
NSRI RED LEWENS OP LAND EN SEE
Yvette Maritz van die Nasionale Seereddings Instituut Stasie 21 in St Francisbaai het die VLV Humansdorp besoek. Sy is al 10 jaar lank ‘n vrywillige lid van die NSRI. Dit is ‘n welwillendheid- organisasie wat lewens red op see en langs die Suid-Afrikaanse kuslyn en op land by damme en lewensredding op strande. Die instituut het 52 kusstasies en binnelandse stasies wat ‘n verskeidenheid nooddienste lewer met die hulp van 1300 onbetaalde vrywilligers.Hierdie mense is 24/7 aan diens en die organisasie is afhanklik van donasies en borgskappe.
In 2023 was daar 1126 reddings waarvan 1822 lewens was en 97 diere. Die NSRI werk saam met ander soek- en reddingsorganisasies in Suid-Afrika, soos onder meer die Suid-Afrikaanse Vloot, die Suid-Afrikaanse Walvisbevrydingsnetwerk en die Suid-Afrikaanse Rooikruis-Lugambulansdiens.
Die NSRI is toegerus om enige noodsituasie te hanteer en hul betrokkenheid by die gemeenskap strek so ver as die insleep van bote wat sink, noue samewerking met paramedici tydens mediese noodgevalle waar mense siek word by hul huise of werkplekke, hulp met brandbestryding in woude of die korrekte optrede in ‘n noodsituasisoek en redding van vermiste mense tydens binnelandse vloede.
In 2006 het die NSRI die Water-Wise inisiatief geloods. Hierdie akademie skep bewustheid rakende kinderverdrinking en hoe om verdrinking te voorkom. Hulle leer die kinders van jongs af om respek vir water te hê, hoe om noodhulp te verleen (kunsmatige asemhaling en hartmassering; KPR) en wat die korrekte optrede in ‘n noodsituasie is.
Sedert die inisiatief geloods is, het WaterWise-instrukteurs reeds meer as 9905 185 kinders geleer van waterveiligheid en 17998 oorlewensswemlesse gegee.
Op die foto is Jackie Roberts en Yvette Maritz
Leave A Comment