SIRKEL: WESKUS
TAK: AURORA
PORTEFEULJE: KUNSTE & HANDVLYT, TUINBOU, AURORA VLV-KOMPETISIES
ONDERWERP : AURORA VLV HOU SKOU!
SAAMROEPER: –
BERIGGEWER: MARINDA VAN WYK
DATUM: 24 AUGUSTUS 2024
AURORA VLV HOU SKOU!
Ons VLV-Skou kompetisie wat jaarliks in Augustus tydens Aurora se Skou plaasvind, was een groot fees!
Daar was hard gewerk om ’n interessante kaleidoskoop van artikels en kleur vir ons besoekers te skep.
Ons het besoekers op ’n reis oor die VLV -Geskiedenis van Toeka tot Nou geneem en hulle ingelig oor die ontstaan van die VLVK Embleem, vertel van die Jubileum huis en Huis-en-Haard, die stigting van Aurora se VLV in 1979, en die ontwerp van ons ou prag-vaandel. Ons het ook hulde gebring aan ons VLV-voorsitter Rae Smit, een van die stigterslede van VLV Aurora in 1979. Ons het terug gestap in tyd met foto’s en foto albums van vorige jare en daar was ’n nuwe waardering by die publiek vir die VLV en hul werksaamhede.
Ons lede het hul kreatiwiteit ingespan en gekompeteer met hul breiwerk, hekel, fotografie en handvlyt; alles artikels wat deel uitmaak van ons maandkompetisies en kongres-artikels. Ons artikels is vooraf beoordeel deur Ferina Visser (handvlyt) en Susan van Geems (naaldwerk) en eerste, tweede en derde plekke toegeken.
Ons het ook terug gestap in tyd in ’n afdeling gewy aan Skou-, Konferensie- en Kongres-artikels van vorige jare.
Ons kreatiwiteit was heerlik uitgedaag in die Tuinbou-afdeling. Vir die blommerangskikking-afdeling alleen was daar 5 kategorieë om van te kies. Onder die prag tuintjies was daar terraniums, hangende kruietuine en loofplante in houers.
Ons het ook die jeug van die skool betrek met ons jaarlikse Kinderkompetisie,’n inisiatief van een van ons lede, Antoinette Muller, wat ook die predikantsvrou op die dorp is. Met haar passie vir kinders het sy die kinders aangemoedig en het die Graad R-3’s het aan ’n inkleurkompetisie deelgeneem, Graad 4-9’s het potloodsketse gedoen. Ons was opreg verras en trots op ons plaaslike talent van ons skoliere.
Van ons hoërskool meisies het ook ’n oggend in die saal spandeer en onder Antoinette Muller se leiding en wakende oog blommerangskikkings gedoen.
Dit was ’n ware spanpoging met almal wat met entoesiasme oudhede en oud-kompetisie-artikels aan ons geleen het vir die uitstalling. Vir ons was dit ’n avontuur om te blaai deur die foto’s en albums van toeka se jare en het ons ’n nuwe waardering vir ons ouer VLV-lede.
Ons Aurora-vaandel
Die VLVK-embleem grafies uitgebeeld
Ons bring hulde aan ons VLV-Voorsitter en Stigterslid van Aurora-Tak, Rae Smit, vir haar jarelange diens
Ons Skou Uitstalling
Breiwerk
Handvlyt
Fotografie
Lede het omtrent kreatief te werk gegaan in die tuinbou–afdeling
Ons skoliere pronk trots saaam met Antoinette Muller met hul blommerangskikkings
Ons laerskool-leerlinge wys hul kreatiwiteit & Ons hoërskool-leerlinge se prag-sketse
Leave A Comment