Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Saamroeper: Elsa Gous

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum van vergadering: 21 Augustus 2024

SuiderPaarl skitter en hoor van blink klippies

Met die tak se Landbou en Tuinbou vergadering is onder die afdeling “Mynbou” die ontstaan, geskiedenis, delwery en myn van blink diamante aan die lede verduidelik. Me Gonny du Plessis het in die klein dorpie Barkly-Wes gaan skoolhou en daar baie te wete gekom oor die myn van diamante omdat Barkly-Wes, so 30 kilometer van Kimberley, geleë is te midde van die diamantmynbedrywighede. Sy deel die kennis met die lede.

Die woord “diamant” kom van die griekse woord “Adamis” wat beteken onoorwinlik. Diamante is kosbare, skitterende edelstene en die hardste stof op aarde. Dit is suiwer koolstof wat miljoene jare gelede deur verskillende geologies prosesse in die aardkors ontstaan het.

Ander edelstene soos robyne, smarag, saffier en nog vele meer het ook so ontstaan maar die diamant bly die hardste en kan net gesny, geslyp of gepoleer word deur ‘n ander diamant.

Vroeër is geglo dat diamante net in rivierbeddings voorkom, spoel diamante (aluwiale) maar toe die delwers dieper begin delf en op die blouagtige rotsgrond, kimberliet, afkom vind hul veel meer diamante en was dit die ontstaan van myne. Toe moes daar gebruik gemaak word van masjienerie en is skagte gesink en tonnels geboor.

Delwerye en myne het oral ontstaan en op meneer De Beer se plaas, die De Beersmyn, op Colesbergkopje, die “groot gat” en ander myne, alles rondom Kimberley.

Die enigste persone wat ongeslypte diamante mog hanteer was die met ‘n wettige lisenssie.

Die lisensie is verkry deur ‘n eed af te lê waarin hul beloof om nooit onwettig handel te dryf met die blink klippies. So ‘n lisensie was nie oordraagbaar of oorerflik nie.

Daar is vertel van die gradering en die kleure van diamante en ook van ‘n paar groot name in die bedryf soos, Cecil J Rhodes, Bernato’s en Oppenheimers. En later was alle handel deur die De Beersmaarskappy beheer om so te kon meeding op die buitelandse mark.

Tydens die vergadering is Mev Marie Hammann, een van die tak se sterre geluk gewens met haar skItterende prestasie in die woordkuns by die Kongres. Sy het 100% behaal met haar woordkuns. Mev Karen Barnard (Sirkel President) het haar geluk gewens en haar trofee oorhandig.

Mev Elsa Gous het ‘n kort bespreking gehou oor die boom en voël van die jaar.

Marie Hammann by die foto van haar toekenings (mees uitstaande artikel) en die Woordkuns.

Mev Karen Barnard, Sirkel President, oorhandig aan Marie die trofee wat sy by die afgelope kongres gewen het.