Tak: Aberdeen
Sirkel: Middelland
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 21 Augustus 2024
Aberdeen VLV bou brûe en vat hande met die plaaslike hospitaal
‘n Groot behoefte by Aberdeen se hospitaal was ‘n nuwe witbord. Die geskenk is met groot dankbaarheid in ontvangs geneem. Soos tereg gesê deur dr Desemele – die hospitaal het dit nodig om hul Nasionale Gesondheidoudit te slaag.
Die gasspreker tydens die Gesondheid vergadering was dr Lindi Kruger van “Karoo Health Care” op Graaff-Reinet. Sy deel met die dames wat die praktyk alles bied. Huidiglik is daar twee dokters en ‘n fisioterapeut. Die fokus val op Vrouegesondheid. Daar is verder ‘n kliniek met ‘n gekwalifiseerde mediese suster wat wondsorg, inpuitings, trek van bloede, ens doen.
Die tak is baie trots op Lizemari Jordaan met ‘n brilijante 97% behaal vir haar inskrywing in die fotografie-afdeling van die Kongres waarmee sy ‘n tweede plek behaal het!
Daar is ook dierekos ingesamel vir GRAWS (Graaff-Reinet Animal Welfare Society)
Aberdeen Hospitaal oorhandinging vlnr: Emelda Swartbooi (Operasionele Bestuurder); suster Martha de Beer (Assistent Verpleegster); Irene de Jager; Dr Desemele en Matrone Sharon Hart
Koperplaatjie aangebring op witbord
Dr Lindi Kruger van Karoo Health Care (links) ontvang ‘n geskenk van Gesondheid Saamroeper Karin Pienaar
Voorsitter Lea van der Vyver (links) oorhandig trofee aan Lizemari Jordaan vir haar inskrywing in die fotografie-afdeling van die VLV Kongres, met die titel “Belonings vir vroeg opstaan”
Van die dierekos ingesamel vir GRAWS (Graaff-Reinet Animal Welfare Society)
Leave A Comment