SIRKEL: SWD

TAK: Klein-Brakrivier

Portefeulje: Potpourri

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 20 Augustus 2024

 

Klein-Brakrivier lekker besig

Op 20 Augustus geniet lede ‘n kreatiewe verf-jou-eie-artikel oggend by All Things Bisk, Droombos (Tergniet)

 

15 & 16 Augustus woon die voorsitter Franci Raubenheimer en tak-beriggewer Lydie, die Kongres in Parow by. Karen Kershoff is deel van die hardwerkende span wat agter die skerms by die Kongres werk om te sorg dat alles seepglad verloop.

Franci & Karen by die kongres

 

15 Augustus Klein-Brakrivier skenk brood aan Skarrelhuisie (Groot-Brakrivier).

Sonja (links) by Skarrelhuisie, maak toebroodjies vir mense wat honger is en die dag nie werk gekry het nie. Leola Esterhuizen (regs) doen die oorhandiging.

 

Leola het ook op hierdie dag sommer namens die tak, houtskaafsels om die vrugtebome wat die tak ‘n rukkie terug by die Santa Kleuterskool (Groot-Brakrivier) geplant het, gaan gooi. Sy maak van die geleentheid gebruik om saam met al die kleuters die bome water te gee. Daarna wys sy die verskillende soorte vrugtebome wat bot uit, asook dié wat reeds vrugte dra. Die Kinders het die heerlike oggend buite in die sonskyn geniet.


 

14 Augustus Klein-Brakrivier skenk lemoene en appels vir kindertjies by die kleuterskool. Leola Esterhuizen doen die oorhandiging.

Marian (links) van Klein-Brakrivier, Carmen (middel onderwyseres by Santa Kleuterskool Groot Brakrivier) en Leola, Saamroeper Opvoeding & Kultuur.

13 August, Feedback from Great Brak Conservancy on a previous outing in July, to plant trees at a local creche: “I thought your ladies might like updated photos of the fruit trees you planted at the crèche on Mandela Day”.

 

On 9 August, Still Bay, under the leadership of their lovely chairlady, Carol Scott, organised a fantastic Women’s Day Celebration, well supported by VLV & community members. EVERYTHING was well organised in Carol’s usual quiet manner and included a demonstration by Kokkedoor MasterChef Baker, Sonja de Beer, with recipes and tastings, a very inspirational talk from a courageous woman, lucky draws, wine tasting, and in true VLV-fashion, tables loaded with cheese to die for and any other goodies to spoil any person. Lydie joined in on the day’s activities, representing the branch.

Carol and Lydie at Women’s Day Celebrations

 

1 Augustus, Voorsitter, Franci besoek Forget me Not huis vir bejaardes in Groot Brakrivier saam met raadslid Annatjie van Rensburg. Die maan aan die stuur, Willie van der Merwe oorhandig 10 gebreide en gehekelde komberse namens Klein-Brakrivier aan die inwoners. Dis met baie waardering ontvang. Hou asb. aan met blokke (20 x 20 cm) brei en hekel!

Franci (links), raadslid Annatjie (middel) en Willie van Forget me Not

Raadslid Annetjie saam met een van die ontvangers van die komberse

 

Taklede Hannie Visser, Denise Taljaard en Aritha Mathews vier hulle verjaarsdae in Augustus – baie geluk!