Sirkel: SWD
Tak: VLV Hartenbos
Studierigting: Potpouri Landbou en Tuinbou en
Onderwys en Kultuur
Sameroeper: Landbou en Tuinbou Hanlie Vorster
Onderwys en Kultuur Michelle Stevens
Beriggewer: Wilma van Staden
Datum: 20 Augustus 2024
HARTENBOS SE GROEN MUSIEK ERFENIS
Die oggend van 20 Augustus 2024 was ‘n koue wintersoggend. Toe die VLV Hartenbos egter met hulle maadelikse byeenkoms begin, het die dag in ‘n japtrap in ‘n warm, jolige byeenkoms verander.
Die vroue en -erfenismaande se aktiwiteite is gekombineer deurdat Hanlie Vorster, ons sameroeper vir Landbou en Tuinbou, ‘n boom geplant het. ‘n Wildepruim is geplant, wat immergroen, inheems en wortelvriendelik is. Nog ‘n bewys dat vroue ook sorg vir ons groen erfenis.
Wildepruimboom word geplant. Vlnr, Hanlie Vorster, sameroeper van Landbou en Tuinbou, Tertia de Bruyn Smit, lid van Landbou en Tuinbou. Michelle Stevens, sameroepster van Onderwys en Kultuur.
Die manlike deelname aan die joligheid is bygedra deur Jaco Kotze. Jaco is ‘n boorling van Noordwes, maar is nou woonagtig in Hartenbos waar hy saam met sy pa en broer in ‘n besighed is. Hy is ‘n versamelaar van konsertinas, viole en klippe. Hy speel ook verskeie instrumente en het begin met ‘n mondfluitjie en het daarna klavier en dromme gespeel.
Jaco Kotze bespeel die konsertina. Hy het by die geleentheid “Die Kalfie Wals“ gespeel.
Die konsertina het sy oorsprong in Duitsland gehad en is ook later deur die Engelse bespeel. In Suid-Afrika is dit bekend as ‘n instrument wat veral as deel van boeremusiekorkeste gespeel word. Hedendaagse word dit ingevoer vanaf Engeland. Jaco doen ook herstelwerk aan konsertinas. Sy herstelwerk aan konsertinas en die verkryging van onderdele, maak hom terdeë bewus van die koste van konsertinas. Tweedehanse, herstelde konsertinas kan R20 000 tot R25 000 kos.
Jaco Kotze by die verskillende grootte konsertinas
Jaco het ses konsertinas uitgestal en op verskillendes gespeel sodat die lede en besoekers die verskille in klank kon hoor. Van die konsertinas is al baie oud, maar is nog pragtig blink en is in hulle oorspronklike tassies. Die konsertina het knoppies vir klawers en ‘n blaasbalk wat lug oor metaallongetjies blaas. Met die speel van ‘n konsertina klink die note met die uittrek en die inbring dieselfde. ‘n Konsertina het vier minder note as ‘n klavier.
Konsertina in sy oorspronklike tassie.
Konstertina
Met ‘n groep mense bymekaar wat hulleself as tegnologies gestremd ag, is die gebruik van selfone en die rekenaar ‘n nagmerrie. Juis daarom het die demonstrasie en aanwysing oor basiese funksies op WhatsApp, ‘n nuwe wêreld vir hulle oopgemaak. Terme soos “disappearing messages” en “wallpaper changes” of uitvee van verkeerde boodskappe, hoe om jou posisie te stuur, hoe om vir kinders /familie te laat weet hoe ver jy al gery het, het mening gekry en vir baie sommer hoop gegee vir die effektiewe gebruik van hulle fone.
‘n Verduidelikende skyfie
Dit was danksy ons saamroeper vir Opvoeding en Kultuur, Michelle Stevens. Met haar geduldige verduidelikings en die skyfies wat sy op die skerm vertoon het, was dit tasbaar om te sien hoe die gemoede opbeur.
‘n Verduidelikende skyfie
‘n Verduidelikende skyfie
Die span vlnr Rolien Smit, Voorsitter, Amore Mouton, lid van Onderwys en en Kultuur, Michelle Stevens, sameroeper vir Onderwys en Kultuur, Jaco Kotze, gasspreker en konsertina kenner, Martie Visagie, lid van Onderwys en en Kultuur.
Leave A Comment