Sirkel: Tygerberg
tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 20 Augustus 2024
GOODWOOD SPEEL MET VERF EN VIER ONS JEUG
Almarie Moodie, ‘n afgetrede onderwyseres en lid van ons tak, het die kind-dierverhouding beklemtoon, o.a dat kinders sosiale gedrag by honde kan aanleer. Wanneer kinders met honde in aanraking kom, word oksitosien vrygestel en positiewe kontak met diere speel ‘n groot rol in die verlaging van mense se hartklop asook hulle bloeddruk. Dit is ons as volwassenes se taak om toe te sien dat kinders ‘n liefde vir diere aanknoop.
Karin Marais, ook ‘n lid van ons tak, het vir ons waardevolle wenke m.b.t. die olieverfskildery-kompetisie vir volgende jaar gegee,o.a. dat die prent afgeteken kan word, asook hoe om kleure te meng en sodoende net die basiese kleure aan te koop, aangesien olieverf ‘n duur medium is. Sy raai ons ook aan om die agtergrond eerste te verf, waarna sy ‘n demonstrasie doen.
Almarie Moodie, Jo-Ann Gericke (Saamroeper) en Karin Marais. (Almarie en Karin is ons tak se tweeling).
Wenda Preuss (Voorsitter) by Magdaleen Joubert wat derde plek vir haar borduurwerk by Kongres gekry het.
Renè Tepper was Goodwood se afgevaardigde by die Kongres.
Die lede het ons Voorsitter, Wenda Preuss, verras met haar 80ste verjaardag. Links agter is Bes van Zyl, wat haar gelukgewens het.
Goodwood se lede wat reeds hulle 80ste verjaardag gevier het: Rina Kotze, Charlotte Huysamer, Elzabè Binedell, Feesia Marais, Wenda Preuss, Marie-Louise Vickerman, Magdaleen Joubert, Joan le Roux en Marcia Potgieter.
Leave A Comment