Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Mariette Opperman

Datum: 16 Augustus 2024

 

 

Oervoël se vlerke sprei uit

 

Oervoël (Langebaan se 2024-woordkunsinskrywing) is ’n eenbedryf wat in die museum afspeel. Oervoël (Elma Oberholzer) en haar afstammelinge, Volstruis (Hannetjie Basson), Swaeltjie (Dalena van die Vyver) en Slang (Mariette Opperman) begin gesels oor hulle verlede miljoene jare gelede. Dan gebeur daar iets wat hulle totale uitwissing kan veroorsaak.

Waar is Oervoël?

Oervoël is by Langebaan se VLV-vergadering. Langebaan is die grootste VLVK-tak.

Oervoël is by Topolino. Topolino is ’n private laerskool in Langebaan.

Oervoël is by Gerimed. Gerimed is ’n aftree-oord in Langebaan.

Oervoël is by VLVK se 94ste kongres in Bellville.