Sirkel: Tygerberg
Portefeulje: Kongres
Beriggewer: René Ferreira
Datum: 15 en 16 Augustus 2024
Maleen se soektog na blou krale werp vrugte af
Maleen Smith van die Brackenfell Varingtak het by die VLVK-Kongres ‘n spoggerige 75% behaal met haar gehekelde doilie met kralewerk. Ons almal weet niks kom maklik nie, veral nadat die beoordelaars by die Tygerberg Sirkelkonferensie vir haar die wenk deurgegee het dat sy die krale om haar buiterand moet verander. Hulle het aanbeveel dat sy die ligte krale om die buiterand vervang met ‘n blou kleurskakering, groter krale, wat inpas by die kleiner kraaltjies in die doilie. Dit het ‘n groot soektog afgegee, maar sy het deurgedruk en met ‘n pragtige, afgeronde doilie vorendag gekom. Haar doilie het “haar vrou gestaan” tussen al die allerpragtigste en fynste doilies op die kongres – ek is bly ek moes nie kies tussen hulle nie. Baie geluk met jou 75%, Maleen, ons is trots op jou!
Foto van Maleen Smith, Varingtak-lid, by haar gehekelde doilie met kralewerk by die VLVK-Kongres in die Kaap.
Foto van die doilie, met die uitslag daarby.
Leave A Comment