Sirkel:  Paarl

 

Tak: Slot van die Paarl

 

Portefeulje: Naaldwerk

 

Saamroeper: Marietjie Lombard

 

Beriggewer: Annalise Loubser

 

Datum: 15 Augustus 2024

Slot van die Paarl deel musse uit

 

Die tak se dames het vlytig gebrei aan die 187 musse. Díe wat nie kan of wil brei nie, het musse gekoop en geskenk.

 

Newton Primêr se Engelse Graad 1-klas het elkeen ‘n navy mus ontvang. Dit is oorhandig met ‘n goeie eienskap van elke individuele kind deur die juffrou. Al is ‘n kind hoe onmoontlik, elkeen het een of ander goeie eienskap! Die twee VLV-dames wat dit gaan oorhandig het, het net weer besef hoe groot die behoefte van die kinders aan aanraking is. Hulle het 100de drukkies gekry. Almal by die skool is so dankbaar, selfs die hoof. Die ouers het ook laat weet hoe dankbaar hulle is. Daar was van die kinders wat sommer met die intrapslag begin het om drukkies uit te deel en hulle het nie geweet dat hulle iets gaan kry nie. ‘n Kind bly ‘n kind en die musse is vergesel met ‘n pakkie aartappel skyfies wat ook groot byval gevind het.

 

Die ander klomp musse is in samewerking met die plaaslike gemeente oorhandig waar die nood baie hoog is. Een kliniek is onder andere besoek en oud en jonk het ‘n mus ontvang. Dit is met groot dankbaarheid in die koue ontvang.

 

Volgende jaar maak die tak weer so!

Die foto’s gee ‘n fotobeeld van die oorhandiging van die musse.