Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Kongres: 94ste VLVK-Kongres

Beriggewer: Mariette Opperman

Datum: 15 Augustus 2024

 

Sirkel Weskus Kongres Fotobeeld

Weskus Sirkelpresident, Elsabe Carstens, word omring deur Sirkel Weskus se veelsydige verteenwoordigers.

Ria Nagel, Langebaan se verteenwoordiger, sit mooi getooi in rooi by mede-kongresgangers van Sirkel Weskus tydens die dag se verrigtinge.

Teetyd word daar gesellig verkeer in die welkome sonskyn.

Die heerlike versnaperinge op die bordjie het ook ’n spesiale verjaardagkolwyntjie ter viering van die VLVK se 95ste verjaardag ingesluit.

Langebaan se 2023-woordkunsinskrywing, Die vere maak die voël, het die gehoor vermaak met hulle toneelopvoering van Oervoël. Die vier karakters in die “museum” is van links na regs: Swaeltjie (Dalena van der Vyver), Volstruis (Hannetjie Basson), Oervoël (Elma Oberholzer) en Slang (Mariette Opperman). In die middel staan Elize Knoetze, Sirkel saamroeper vir Kunste en Handvlyt.

Goud en glinster het die aand se dineevieringe oorheers by die VLVK se 95ste verjaardag en 94ste kongres. Om die atmosfeer nog meer feestelik te maak, het Christo du Plessis, Erika Lubbe (voormalige VLVK-president) en Estelle du Plessis (huidige VLVK-president) die verhoog met ’n stortreën van goue papiertjies omgetower.

Die oortreffende trap van vergelyking is Sirkel Weskus se dinamiese dames. Heel links voor is Elize Knoetze, Sirkel Weskus se vise-president en Sirkel saamroeper vir Kunste en Handvlyt. Heel voor is Elsabe Carstens, Weskus Sirkel-president. Ria Nagel, agter tweede van links, het Langebaan verteenwoordig.