Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Gesondheid
Saamroeper: Hetta Kirsten
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 14 Augustus 2024
Slot van die Paarl raak wyser met Diabetes
Outo-immuun siekte is wanneer die liggaam se immuunsstelsel die gesonde selle aanval. Daar is baie voorbeelde bv diabetes, lupus, multiple sklerose, reumatoide artritis en psoriase.
Ons spreker boei ons met haar pad wat sy die afgelope 50 jaar met Tipe 1 Diabetes loop. Dit is wanneer die Betaselle in die pankreas doodgaan en wanneer die liggaam glad nie meer insulien in die pankreas vervaardig nie. Dit is geneties oorerflik en veral onder jonger mense, ook babatjies; hulle moet van vroeg af leer om hulself in te spuit. Jy het ‘n goeie kans om Diabetes te kry as jy die vyfde kind in ‘n gesin is of as jy een van ‘n identiese tweeling is. Dit is ‘n outo-immuunsiekte en ongeneeslik. Pasiënte se suikervlakke moet gereeld daagliks gemonitor word om te bepaal hoeveel insulien ingespuit moet word. Waarskuwingsimpome is dat jy altyd moeg en lusteloos voel agv die hoë suikervlakke, altyd dors en drink baie water en daarom urineer jy baie veral in die nag, verloor gewig sonder om te probeer (by Tipe 2 tel jy gewig op), erge gejeuk by die genitalieë (pruritus), snye en wonde genees nie maklik nie en die oë blur soms. Geen twee mense het dieselfde simptome nie.
Tipe 2 Diabetes is waar die pankreas nie meer genoeg insulien afskei nie en skade aan bloedvate kan meebring wat tot amputasies kan lei. Die liggaam stop om insulien effektief te gebruik en om glukose vir energie te gebruik. Dit kom meer voor by ouer mense en oorgewig mense. Aanvullings kan in tabletvorm ingeneem word wat dan die pankreas stimmuleer om meer insulien af te skei. Met ‘n gesonde leefstyl, lae GI-dieët (veroorsaak dat jou suiker nie so vinnig opgaan nie) en oefening kan Tipe 2 Diabetes genees. Met Tipe 1 kan jy jou suikervlak meer beheer as jy verkeerd eet, want jy spuit dan net bietjie meer in.
Die ernstige aard van Tipe 1 Diabetes is waar die glukosevlakke so laag daal dat dit die brein se vermoë om helder besluite te neem, aantas en die persoon in ‘n koma verkeer. Soms gebeur dit dat vreemdelinge tot jou redding moet kom. Moderne tegnologie vergemaklik die monitor van pasiënte se glukosevlakke dmv die Free Style Sensor wat mbv plakkers op die liggaam, oombliklike lesings kan gee. Outydse spuite en naalde is deesdae veel gemakliker vir vinnige gebruik, selfs ongemerk in ‘n geselskap. Dit bly egter ‘n duur siekte wat nie volledig deur mediese fondse gedek word nie.
Aangesien oefening belangrik is vir diabete, motiveer die spreker ons om saam met Jenny McClendon die 20 minute Workout for Beginners and Seniors, op YouTube te oefen. ‘n Biokinetikus kan ook help met toepaslike oefeninge.
Gasspreker Ilsé Kriel gesels gemaklik met die lede.
Nuwe 2024-taklede Maretha Groenewaldt, Hester Coetzee en Sandra Basson wat elkeen een en ander oor hulself met die lede deel.
Tafel met die heerlikste verversings verskaf deur die Gesondheidkomitee.
Pragtige blomme verhelder ‘n ysige oggend.
Leave A Comment