Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper: Andrieshia Radyn

Beriggewer: Louisa Smit

Datum: 8 Augustus 2023

 

ALBERTINIA BIBLIOTEEK VIER VROUEDAG

Op Donderdag, 8 Augustus 2024, het 29 dames van die omgewing by die Albertinia Biblioteek bymekaar gekom om Vrouedag te vier.

Verskeie dames van die dorp het deelgeneem aan die verrigtinge.

Die Voëlvlei-tak van die Vroue-Landbouvereniging (VLV) het ook ‘n uitstalling gehou en die VLV aan die dames bekendgestel.

Andrieshia Radyn het die geskiedenis van die VLV met die dames gedeel en daarna verduidelik wat ons doel is en hoe ons daarby uitkom.

Uitstallings van VLV projekte was ook beskikbaar om te besigtig. Dames wat belangstel om aan te sluit by die VLV kan kontak inligting by die Albertinia Biblioteek kry.

 

Die dames wat die Vrouedag by Albertinia Biblioteek bygewoon het.

Artikels van die VLV wat uitgestal is tydens Vrouedag viering.

Louisa Smit en Andrieshia Radyn wat VLV Voëlvlei aan die dames bekendgestel het.