SIRKEL: Noord-Karoo

TAK: Murraysburg

PORTEFEULJE: Kunste en Handvlyt

DATUM: 7 Augustus 2024

BERIGGEWER: Theresa Troskie

 

Spyker-en-wol kuns op Murraysburg  

 

Die lede word bekend gestel aan “string art” oftewel spyker-en-wol kuns.

Afdrukke van prente met redelik eenvoudige buitelyne word gebruik:

  • Plaas prent op plankie.
  • Spykertjies word reëlmatig ewe ver van mekaar op die buitelyne ingekap.
  • Beplan dat daar by elke hoek of punt ’n spykertjie kom om te sorg dat die prentjie behoorlik gevorm word.  Verwyder nou die prentjie.
  • Gebruik dun wol, hekeldraad of gare om die prentjie te span – oorkruis en van spykertjie tot spykertjie.
  • Spanwerk moet sinvol gedoen word om die prente te laat vorm aanneem en te laat uitstaan.
  • Die draad kan ook in lae gespan word om verskillende effekte te gee, byvoorbeeld spirale.
  • Jy kan meer as een keer om dieselfde spykertjie span.
  • Die buitelyn is belangrik.  Die gebruik van ’n effe donkerder kleur om die buitelyn te beklemtoon werk goed.
  • Baie ingewikkelde portrette kan ook op hierdie manier gemaak word.