Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Saamroeper: Ria Nagel
Beriggewer: Mariette Opperman
Datum: 7 Augustus 2024
Kunste en Handvlyt neem ons saam na die oseaan
Ria Nagel, Kunste en Handvlyt se formidabele saamroeper. Die borsspeld is ’n selfgemaakte kunsskepping wat op elke gasvrou se lapel gepryk het.
Met die intrapslag is lede en gaste meegevoer in die dieptes van die oseaan deur Kunste en Handvlyt se kreatiewe aanslag.
Skatkis met pêrels. Kunste en Handvlyt het die mooiste skulpbakkies gemaak. Elkeen wat by die saal ingestap het, het een ontvang.
Kyk! Ek is ’n seekat. Ek sit plat op die mat.
Talentvolle 85-jarige Henna Greeff sit by haar meesterlike skepping, die pragtige meermin wat sy gemaak het.
Adele Grosse, sprankelende gasspreker van Sea Love-studio in Paternoster. Sy het vertel dat sy te midde van vele teenslae in haar lewe ontdek het dat daar “skoonheid in gebrokenheid” is en dat sy dit vergestalt deur middel van haar merkwaardige onderwaterfotografie. Haar doel is om dit met die wêreld te deel. Hier is sy voor een van haar Sea Love-handdoeke met ’n afdruk van een van haar bekoorlike onderwaterfoto’s daarop.
Elize Knoetze, Sirkel Weskus se vise-president en Sirkel saamroeper vir Kunste en Handvlyt, wat ons vereer het met haar vriendelike en raadgewende teenwoordigheid, ontvang ’n geskenkpak. Louna Niehaus en Ria Nagel staan by haar.
Louise Nel was die gelukkige lootjiewenner. Sy het ’n hele mandjie vol bederf gekry.
Kunste en Handvlyt se uitmuntende gasvroue.
Die lekker versnaperinge na afloop van die verrigtinge was getrou aan die seetema. Sonya Seabrook-Uys, Cynthia Huysamen en Ninkie Goussard geniet die “seehappies”.
Leave A Comment