Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: OPVOEDING EN KULTUUR
Beriggewer: Elize Locke
Datum: 1 Augustus 2024
VOËLVLEI PAY IT FORWARD
VLV-Voëlvlei is deur ons bure (VLV-Herbertsdale) geseën met drie bakkievragte linne wat deur ‘n lodge in die omgewing afgeskryf is. Na twee dae van uitsorteer en hopies maak kon ons skenkings maak aan twee Badisa tehuise, nl. Albertinia Versorgingsdienste asook Droom in Riversdal. Ons kon ook ‘n skenking maak aan Goukam Health in Riversdal wat nege gestremde pasiënte huisves. Die skenkings het ingesluit matrasbeskermers, pas- en bo-lakens, duvets en -slope, kussings en -slope, handdoeke asook ‘n paar japonne. Die sitkamers van die tehuis in Albertinia en Goukam Health is verfraai met meeste van die sierkussings.
Die gevlekte sierkussings is gewas en met nuwe binnegoed gestop. Dit is aan die DBV in Mosselbaai afgelewer. Van die koninggrootte linne is verkoop en die opbrengs van R3 700 gaan tussen drie plaaslike organisasies verdeel word om broodnodige produkte mee aan te koop.
Dit is so ‘n voorreg om deel te kan wees van ‘n sirkel wat hande vat en met mekaar deel.
Louisa Smith en Andrieshia Radyn tussen die magdom linne
vlnr Elize Locke, Elriza Coetzee (Bestuurder Albertinia Versorgingsdienste) en Suster Anka Venter
Leave A Comment