Sirkel:  Tygerberg Sirkel

Tak:  Brackenfell Varings

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Saamroeper: Sheila Burger

Beriggewer: René Ferreira

Datum van vergadering:  1 Augustus 2024

 

 

‘n Wenkoor besoek Brackenfell Varings

 

Die Saamroeper van Kunste en Handvlyt, Sheila Burger, het ‘n ontsettende spesiale vergadering gereël toe sy die skoolkoor van die Paarlskool, ‘n Skool vir Leerders met Spesiale Beoeftes in Brackenfell, genooi het om op 1 Augustus 2024 by ons vergadering te kom optree.

Wat ‘n voorreg was dit vir die Varingdames om dié 55 leerders te ontvang. Hulle is ingestoot op roelstoele of self ingestap – met of sonder hulle krukke – maar almal met ‘n breë glimlag op die gesig. Wánt: hulle het die Wes-Kaap Provinsiale Koorkompetisie vir Spesiale Skole gewen! Die koorleier, me Ronel van Dijk, het hulle vinnig in ‘n pragtige formasie gekry en daar trek die leerders weg met die Ghoemadans, Jamaika Farewell, Imagine en toe die VLV Varings vir ‘n encore vra, sing hulle Siyahamba met die trom wat ritmies begelei. Daar was ongelukkig nie ‘n klavier beskikbaar nie, maar a capella sing daardie kinders met ‘n klank wat ons almal betower.

Hulle vertrek per bus na Randburg om vanaf 7-10 Augustus in die Rema Kerk in Randburg te gaan deelneem aan die Nasionale Kompetisie. Die Varings wens hulle sterkte toe met die lang pad wat baie vermoeiend kan wees en veral met die kompetisie. Mag Paarlskool se skoolkoor hulle uitstekend van hulle taak kwyt.

 

Koor met al die Varinglede en besoekers 

Ronel van Dijk, Koorleier van Paarlskool skoolkoor

Skoolkoor met Sheila Burger, Kuns en Kultuur Sameroeper links op die foto en      voorsitter, Riana Ellis, regs op die foto.