Sirkel: Paarl
Tak: Stellenbosch
Portefeulje: Opvoeding en kultuur
Beriggewer: Nina Strydom
Datum: 1 Augustus 2024
107 musse vir Akkerdoppies en daar word steeds gebrei
Die lede by die Stellenbosch-tak is min en al te grys maar op 1 Augustus 2024, het hulle 107 koppies warm en gelukkig gemaak. Elkeen in die Froggie-, Eendjie-, Dolphin-, Skoenlapper-, Bear-, Vissie-, Ladybird- en Birdklassies het ‘n mus gekry. Net nog 39 mussies om te brei dan het elke klein akkertjie by Akkerdoppies Pre-Primary (NPO) in La Colline, Stellenbosch een gekry. Regina Neethling, verantwoordelik vir die portefeulje Opvoeding en Kultuur, het die inisiatief geneem met die groot breiery.
Oorhandiging van mussies by Akkerdoppies
Agter: skoolhoof en lede van VLV Stellenbosch bestuur
Vlnr: Nina Strydom (Web & Kommunikasie), Riëtte Stears (Akkerdoppies Skoolhoof), Myra du Toit (Tesourier), Marthie Swiegers (Voorsitter en Kunste & Handvlyt), Sonja van Zyl (Vise-voorsitter en Tuisteskepping & Naaldwerk), Erica van der Westhuizen (Landbou & Tuinbou)
Voor: die Froggie-, Eendjie- en Dolphinklassies
Leave A Comment