SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 31 JULIE 2024
TEMA: AGRI NW JAARVERGADERING
SAAMROEPER: CARIEN VAN NIEKERK
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
VRYBURG BIED DAMESPROGRAM AAN
Vryburg VLV het damesprogram by Agri NW se jaarvergadering aangebied.
Colene Pretorius wys verskillende houers soos vir tee, graan en sakkies vir suiker en aartappels wat sy herwin en omskep in fraai geskenkdosies. Sy lees ook voor uit ‘Vroue is so sterk soos baaltou’. Sy het aanlynwinkel eersteklas.co.za en is tans ‘n finalis vir AfriForum se kompetisie vir entrepreneurs.
Marietjie Steyn maak versierings uit kardoesies of geskenksakkies. Sny patrone uit en plak 8-9 aanmekaar om ‘n waaier te vorm. Blomme kan met papierdoilies, snees- of kreukelpapier en servette gevorm word. Sny 20-25 sirkels en vou dubbel en plak oormekaar in rondte in glas of bakkie. Plak die laaste een met gomgeweer om bodem te vorm.
Nellie Viljoen beklemtoon die belangrikheid van heuningbye vir volhoubare voedselproduksie. Bye is verantwoordelik vir 80% van alle bestuiwing. Hommels se enigste doel is om met die koningin te paar wat tot 1000 eiers per dag kan lê. Werkerbye maak die nes skoon, voer larwes, verdedig die nes en versamel stuifmeel en nektar. Stuifmeel dien as voeding vir larwes. ‘n By moet sowat 1000 blomme besoek om 5 ml heuning te vervaardig.
Carien van Niekerk maak brooddeeg met 5 x 250 ml bruismeel, 750 ml sodawater en ‘n knippie sout. Onthou gebottelde water met borrels tel ook as sodawater. Meng deur. Is klam deeg maar nie loperig. Spuit erdepot en skep deeg in. Plaasbrood in ‘n erdepot (“dutch oven”). Knip met skêr twee oorkruis snitte. Hoef nie te rus of te rys nie. Bak vir 30 min teen 180 ºC. Heerlik.
Veelsydige deeg met twee bestanddele: Meng 750 ml bruismeel met 375 ml volroom jogurt en ‘n knippie sout. Meng goed deur. Knie vir so 5 min. Gebruik vir pizza, vetkoek, platbrode, roosterkoek en vleispasteitjies.
By dié geleentheid is die tak se resepteboek ‘Treffers vir die teetafel’ bekend gestel. Dit bevat meer as 100 resepte van lede en is beskikbaar by Carien van Niekerk 0731928850 of Nellie Viljoen 0731761555.
Colene Pretorius
Marietjie Steyn
Carien van Niekerk
Nellie Viljoen, Memory Scholtz, Marietjie Steyn, Carien van Niekerk, Colene Pretorius en Daline Geere het die geleentheid bygewoon.
‘Treffers vir die teetafel’ is bekend gestel
Leave A Comment