SIRKEL: OVERBERG
TAK: KLEINMOND
PORTEFEULJE: KUNSTE & HANDVLYT
DATUM: 30 JULIE 2024
BERIGGEWER: HERMIEN VAN ZYL
“Sien, jy kán skilder!”
Rona Zwarts, bekende skilder en kunsonderwyseres, afgetree op Kleinmond, het bg stelling aan die VLV-lede bewys. Sy het ‘n werkswinkel tydens die Kunste & Handvlyt-vergadering aangebied waar elkeen van die lede en gaste teenwoordig, hulle vaardigheid kon beproef. Tafels waarby 8 persone kon sit, is bedek met koerantpapier en by elke sitplek was ‘n klein skilderdoek (A5-grootte) met ‘n afdruk van ‘n kruik daarop. Op die tafels was ook bakkies met olieverf, oorstokkies en wet wipes vir skoonmaak. Omdat die VLVK-kompetisie vra vir ‘n kunswerk met ‘n spirituele betekenis, het Rona die dames gevra om stil te wees terwyl hulle werk, aan hulle self te dink as ‘n kruik met krake, en het sy sagte agtergrondmusiek gespeel. Elkeen wat haar skildery voltooi het, het ‘n klein esel gekry om dit op staan te maak en saam met die ander te vertoon.
Die koste van die werkswinkel is gedek deur die uitloot van ‘n skildery wat Rona geskenk het en waarvoor die lede reeds ‘n paar maande vroeër begin lootjies verkoop het.
Rona Zwarts (links) saam met Daphné Loots, saamroeper.
Die tafels is reggemaak vir 8 persone.
Die ontwerp van die kruik
‘n Collage van die skilderye
Wynette Lambrechts (links) was die wenner van die skildery. Hier is sy saam met Rona Zwarts en Anne Meershoek wat die bedanking gedoen het.
Die taklede het ook gees gevang vir die Olimpiese Spele en Louisa Karelse van Openbare Sake het vir elkeen ‘n vlaggie uitgedeel.
Susan Botha en Reinette van Niekerk waai geesdriftig hulle vlaggies.
Warm kniekombersies is aan die tak se twee erelede Wilma Fyfer en Annie Jooste oorhandig.
Leave A Comment