Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Portefeulje: Leefstyl

Sameroeper: Anlouise O’Connell

Beriggewer: Anlouise O’Connell

Datum: 24 Julie 2024

 

Alexandria se Mooi (ui) Vrou

 

VLV Alexandria het ‘n heerlike kuier-oggend geniet saam met Judy Arendse, afgetrede onderwyseres.

Judy het vir die lede stap-vir-stap gewys hoe om flatervrye, veerligte skons in ‘n japtrap te bak. Sy het ook wenke gegee soos sy die deeg aangemaak en die muffin panne voorberei het.

Nadat die skons uit die oond gekom het, kon die lede heerlike daaraan smul. Hierna het Judy heel gepas by die Leefstylkers, oor “ ’n Mooi Vrou ”, ‘n uitnemede vrou gepraat.

Sy maak ‘n ongewone vergelyking van die vrou as ‘n uivrou (onion woman).

Net soos ‘n ui baie lae het, het ‘n vrou lae en word genadeloos gesny deur menigte lewensuitdagings, maar afgesien hiervan is ‘n vrou steeds in een stuk-een volle uibol.

Judy praat oor verskillende variëteite van uie, wit, rooi, bruin, groen sprietuie en sjalotte. Net soos varieteite verskil, verskil elke vrou se persoonlikheid.

Watter ui is jy?

Die rooi ui simboliseer opoffering, lewe, dood, agressie, sterkte, kreatiwiteit en warmte.

Die bruin ui simboliseer afhanklikheid, stabiliteit, eerlikheid, mooiheid, waardevolheid.

Die groen ui simboliseer vrugbaarheid, nuwe lewe, varsheid, restorasie en groei.

Die wit ui simboliseer veiligheid, onskuld, heiligheid, waarheid, beskerming, goedheid en ewige lewe.

Judy sluit af met ‘n gedig van Mary-Anne van Niekerk: Gister, Mȏre, Vandag.

Hierna spring die lede fluks aan die sny en knoop van 74 fleece poncho’s en mussie vir Klipfontein Kleuterskool en Dagsorgsentrum.