Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Openbare sake
Beriggewer: Isabella Jansen vN
Fotograaf: Isabella Jansen vN
Datum: 23 Julie 2024
Veiligheid altyd eerste vir Oudtshoorn
Daar is ‘n duidelike gedemptheid soos wat die dames by die vergadering opdaag. Een van ons lede, Ina Greeff is die vorige nag oorlede. Sy was ‘n baie bekwame beoordelaar en haar borduurwerk wat sy deur die jare by die kompetisies ingeskryf het, was sonder weerga. Tannie Ina was jare lank ‘n lid van die Marydale-tak, en soos wat een van die persone genoem het, “met haar dood is dit soos ‘n VLV-biblioteek wat afgebrand het.” Later het tannie Ina ‘n erelid van die Klein Brak-tak geword voordat sy in Oudtshoorn kom aftree het en by die Oudtshoorn-tak ingeskakel het.
Tannie Ina Greeff
Die sprekers wat ons meer van veiligheid ingelig het, was Luitenant-kolonel Venter en hy het van sy kollegas saamgebring. Baie nuttige wenke is gedeel, soos bv. om nie met jou selfoon in jou hand in die dorp rond te loop nie, verkieslik nie (veral lang) ritte alleen te onderneem nie, om altyd jou veiligheidshek gesluit te hou, eerder geld by ‘n supermark te onttrek en veral om nie enige van jou persoonlike besonderhede aan enige een te gee nie.
Kaptein Groenewald, Luitenant-kolonel Venter, Sersant Lewendal, Adj. du Plessis en Adj. April van die SAPS wat in Oudtshoorn gestasioneer is.
Na dié bewusmaking was roerbrood en sop op die spyskaart. Die roerbrood was deel van die takkompetisie en is deur Petro Doman gewen met Trienie Barnard tweede. Nelia het ook graag haar sampioensopresep me ons gedeel.
Leave A Comment