SWD Sirkel beriggewer, Lydie Terblanche

Julie 2024

SIRKEL SWD, GROOT SKENKING AAN MOSSELBAAI DIERE BESKERMING VERENIGING

Sirkel SWD wat reeds baie jare by Nedbank Mosselbaai ‘n rekening het, was onlangs die gelukkige ontvanger van ‘n Nedbank skenking.

Hierdie Nedbank-tak het besluit om hulle kantoor te hernuwe en al hulle bestaande kantoormeubels was in die pad. Omdat hulle nie die meubels kon verkoop nie, is die skenking aan Elize Locke, SWD Sirkelpresident gebied. Die voorwaarde was dat die VLV dit nie mag verkoop nie, maar ‘n nie-winsgewende instansie kon identifiseer vir oorhandiging.

Na gesprekke met die SWD-bestuur en die oorweging van verskeie moontlikhede, is daar op die plaaslike DBV-tak besluit. Bestuurslid Lynette Nel, het al die reëlings gereël en gekoördineer. Dit was ‘n reuse skenking, twee bakkie-vragte, asook ‘n sleepwa. Die oplaai, vervoer en aflaai het oor twee dae geskied.

Die hardwerkende DBV-helpers oor hierdie twee dae was Ndyebo Ngqele, Yusuf Levendal, Bho Smith, Kurt Remas, Menita Havelaar, Luciano Bayi, Dywayne Janse en Dyllan Van Rensburg.

Die DBV het reeds hulle ontvangs-area oorgedoen en gaan van die toerusting wat hulle nie self kan gebruik nie, in hulle winkel verkoop vir absolute noodsaaklike DBV-befondsing. Hulle was verheug oor die skenking.

 

Lynette Nel (middel) SWD-bestuur, saam met DBV bestuur

Sirkel SWD, Nedbank skenking, DBV se nuwe ontvangs

Sirkel SWD, Nedbank skenking, van die DBV helpers deur die loop van die twee dae

Lys van items deur die DBV ontvang