SIRKEL: Weskus

TAK: Piketberg

PORTEFEULJE: Leefstyl & Openbare Sake

SAAMROEPER: Ilse Hanekom en Christell Brand

BERIGGEWER: Nicoline Brown

DATUM: 18 Julie 2024

 

 

PIKETBERG VLV BREI SAAM OP MANDELADAG!

 

Piketberg VLV-lede en vriendinne het op Mandelladag saam met die inwoners van Huis AJ Liebenberg (ouetehuis) kom brei.  Die brei-groepie is besig met ‘n spesiale projek om warm wolslaapsokkies te brei!

Op die koue, nat Donderdagoggend het die dames met hul wol en brei-naalde opgedaag om saam met die inwoners te kuier, brei en tee te drink!

Almal het dit terdeë geniet en sommer gou het die tyd gevlieg!!

 

VLV lede brei

VLV lede en inwoners brei

Lekker brei

Inwoner hekel saam