Sirkel: Overberg

Tak: Hermanus

Beriggewer: Mariëtte Steyn

Datum: 18 Julie 2024

 

VLV Hermanus plant vir Mandeladag by Hermanus Nagskuiling

 

Die VLV-dames en party eggenotes het saamgewerk en groenteplantjies by Hermanus se skuiling gaan plant as ons Mandela-projek. Groente soos spinasie, kropslaai, kool, wortels en uie is deur yweriges in die grond gesit nadat ons eers lekker grond ingewerk het – spesiaal vir ons uit die Hemel en Aarde-vallei gebring deur ons “boer”, Judie Groenewald.

Na die plantery het ons saam met Breggie Smook, maatskaplike werker en die personeel van die sentrum tee gedrink en sy het geleentheid gehad om ons in te lig oor hoe die strukture daar werk. Ons was heel verras deur die puik manier waarop hierdie sentrum bestuur word en hoe mense ondersteun en op verskeie maniere begelei word tot ń nuwe toekoms. Dis ń voorreg om met die Nagskuiling hande te vat.

Bakke met groenteplantjies

Die grond word deeglik voorberei

Hermanus Nagskuiling

Vossie en ‘n paar helpers ernstig aan die plant

Die plantery vorder fluks

Diana Lamprecht, sekretaresse van ons tak, spog met plantjies

Mariëtte Marx, die handskoene moet in die grond kom en in die agtergrond Breggie Smook, maatskaplike werkster by Hermanus Nagskuiling

Ons boer, Judie Groenewald, kyk dat almal saamwerk

Om met lekkerkry, klaar te kry né Tessa