Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 18 Julie 2024

 

 

Borskankervoorkoming vir Mandeladag

 

Lede van VLV Kuruman-tak het op Donderdag 18 Julie 2024 Keystone Medical se mobiele borskanker ondersoek eenheid besoek wat van 1 tot 18 Julie by Heritage Mall in Kathu was. Bestuurslid van die tak, Ansie Cilliers, sien dit as haar goeie daad vir die dag om die nagenoeg 67 minute op die pad te spandeer om die dames van Kuruman na Kathu (en terug) te vervoer. Soos almal weet is vroeë opsporing uiters belangrik as dit by borskanker kom. Daarom is dit goed om gereeld vir ondersoeke te gaan.

 

Vlnr: Erika Sieberhagen, Ansie Cilliers (Saamroeper: Landbou & Tuinbou), Zelda Lombaard (Saamroeper: Leefstyl), Arina Beukes (Visevoorsitter) en Karin van der Walt (Saamroeper: Opvoeding & Kultuur).

 

Ansie Cilliers.