SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

DATUM: 17 JULIE 2024

TEMA: OPVOEDING

SAAMROEPER: PETRO OLLEWAGEN

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

 

VRYBURG VIER MANDELA DAG

 

Nelson Mandela het gesê: “Education is the most powerful weapon you can use to change the world.” Vryburg VLV fokus op die die jeug. Aletia van Antwerpen, oud-Vryburger en tans apteker van Malmesbury, het die 31ste Internasionale Jeug Leierskapseminaar in Duitsland saam met 77 deelnemers uit 46 lande bygewoon.

Probleme wêreldwyd is tienerswangerskappe, kinderarbeid, ongeletterdheid en klimaats-verandering. Uitdagings is globaal maar moet plaaslik aangespreek word.

Die uitdaging is egter om meer van ons self te gee. Dikwels is dit nodig om uit ons gemaksone te beweeg. Ons moet nie so gemaklik word dat ons geleenthede wat God oor ons pad stuur, mis nie. Kyk met nuwe oë na die dinge random jou, beïnvloed ander positief deur doelbewus jou beste na vore te bring. Op dié manier kan elke persoon haar lig beter laat skyn. Pak projekte aan met meer pret. Elkeen druk haarself kreatief uit op ‘n unieke manier. Kreatiwiteit is die dryfveer tot persoonlike groei en vooruitgang.

Deur kreatiwiteit kan die jeug (verandering-makers van die toekoms) bemagtig word om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. Sodoende word leiers gekweek en vrede in die wêreld bevorder.

 

Soekie le Roux toor met servette en deel haar kennis met lede. Slegs die voorkant word gebruik. Plak versigtig met Modge Podge of verdunde houtlym op artikels soos hout, plastiek en selfs kerse. Buiten servette kan materiaal ook gebruik word. Verseël met All Clear Décor Wax om artikel te beskerm.

 

VLV vasvrae is gehou:

Watter jaar is VLVK gestig? 1929

Hoe oud is Vryburg tak? 76 jaar

Hoeveel sirkels is daar? 17

Hoeveel lede het VLVK? 3076

Wie is VLVK president? Estelle du Plessis

Aletia van Antwerpen (spreker) en Petro Ollewagen (saamroeper)

Soekie le Roux