Sirkel: Paarl
Tak: Klein Drakenstein
Portefeulje: Openbare Sake
Saamroeper: Mintie van Rhyn
Beriggewer: Johlene Hall
Datum van vergadering: 17 Julie 2024
Rampbestuur word vir Klein Drakenstein helder
Die dames het die koue wintersdag getrotseer om die bevelvoerder van Drakenstein brandweer, Cindy-Lee van Reenen te ontmoet. Brande, vloede en alle soorte rampe, dit is waarvoor die Drakenstein brandweer dames en manne hulle daagliks moet staal. Fisiese gesondheid en fiksheid is baie belangrik en word maandeliks gemonitor. Hulle werk in skofte wat 24 uur lank is en moet binne 15 minute op die toneel wees van die ramp of noodtoestand. Mans en dames word as gelyke in die werksplek hanteer. Drakenstein brandweer het 5 stasies wat hulp kan verleen van Wellington tot Saron en die Paarl. Emosionele gesondheid is ook baie belangrik en ontspanning van die lede kry gereeld aandag.
Hulp aan die manne en dames kan in die vorm van water en energie drankies, in tye van nood gelewer word. Die ongelooflike harde en lewensgevaarlike werk wat die manne en dames doen word opreg waardeer.
Die byeenkoms is afgesluit met met ‘n paar wenke en die voorlees van lewenswaarhede.
Klein Drakenstein lede saam met Cindy-Lee van Reenen en Francois van Drakenstein Brandweer en Reddingsdienste
Leave A Comment