Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Bestuur: Sirkel Weskus-projek
Beriggewer: Mariette Opperman
Datum: 17 Julie 2024
Die koue word verdryf met mussies, handskoene en kombersies om die lyf
As deel van Sirkel Weskus-projek het van die bestuurslede kombersies, mussies en handskoene by Langebaan Primêr uitgedeel.
Cynthia Huysamen, Ria Nagel, Louna Niehaus, Elize van Niekerk, Ninkie Goussard, Mnr Davids (skoolhoof) en Elmorie Barnard staan agter die sakke vol bederfies vir die kinders.
Stacey Lee Smith en Semonia Thorne het gehelp met die uitdeel van die kombersies, mussies en handskoene.
Mooi trappe en kunswerke by die skool.
Opgewonde kindergesiggies.
Almal sê: “Baie dankie”!
Leave A Comment