Sirkel: Weskus

Tak: Eendekuil

Portefeulje: Leefstyl

Saamroeper: Lettie de Waal

Beriggewer:  Lettie de Waal

Datum: 17 Julie 2024

 

Inmaak, oopmaak en proe in Eendekuil

Saam met Lettie de Waal is ons gasspreker, Helette Hanekom. Sy bly op ‘n plaas, Winkelshoek, Eendekuil. Sy maak vir jare al inmaakprodukte van alle vrugte vir ‘n ekstra inkomste en stokperdjie. Sy het by haar ouma geleer om te preserveer.

 

Helette het vir ons verduidelik hoe ons die merkies op die vrugte moet verwyder, sonder om die vrug te beskadig. Daarna word die vrug se skil af gerasper.

Sy verduidelik vir ons die proses om siter in te maak. Rasper die buitekant van die skil af. Sny in skywe – die binnekant van die vrug word verwyder en word nie gebruik nie.  Die pitte word gehou vir pektien. Die skille lê vir 3 dae in water wat soggens en saans vervang moet word en dan word die skille uitgedruk.

 

Die inlegproses van siter – Kook die skywe. Kook die stroop apart, soos vir ander vrugte konfytstukke. Gooi die stroop bo-oor die opgekookte skywe. Kook verder en bottel soos ander konfyte. Geniet!
Voor haar is die vrugte met beskuitjies en brood om die verskillende konfyte te proe.

 

Van die produkte wat Helette kom uitstal het, is halwe naartjie konfytstukke, tamatie konfyt, perske snippers, chillie-tamatiekonfyt, appelkooskonfyt, mangoblatjang, tuisgemaakte mostert, makataanstukke, vyekonfyt, koejawel- en grenadellakonfyt, mangokonfyt en sitermarmelade. Sy maak ook nog baie ander soorte!

 

Lettie de Waal het die tafels versier met takke en suurlemoene om by die presevering te pas. Die suurlemoene en takke het sy by vriende gekry. Die bottels met kersies in is deur ‘n vriendin gedoen en die houtbord met klippies is Lettie s’n.

 

Lettie het die vergadering ingelig oor die lugbraaier wat ook daar uitgestal is – wat dit is en hoe om dit te gebruik. Die lugbraaier kan ook op foto 4 gesien word.  Sy het die potjie konfyt wat op die foto verskyn ingemaak, dit is peerkonfyt. Die bos rose is aan die spreker oorhandig vir haar insiggewende praatjie.

 

Die rooi en grys kwilt, asook die swart, grys en blou kwilt is deur een van ons lede, Johanna Rossouw, vir haar kleinkinders gemaak van hul oorlede vader se hemde. Baie kosbaar.

 

Die twee seuns het vir ons gediggies opgesê.  Hulle is Jimmy Wiggins en Tiaan van Bosch, albei in Laerskool Eendekuil.

 

Ons het na die vergadering heerlik saamgekuier met eetgoed, en ‘n  Amarula koek, een van die resepte van die Leefstyl kompetisie, wat Lettie de Waal gemaak het. Moira van der Westhuizen van Piketberg het saam gekuier en die beoordeling gedoen.