Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Brackenfell Varings

Datum:  17 Julie 2024

Webmeester:  René Ferreira, Brackenfell Varings

 

Brackenfell Varings-erelid word 95!

Lydia Brink woon al 73 jaar en 8 maande in Brackenfell en die afgelope 8 maade in die Klaradyn Aftreeoord se Versorgingseenheid. Sy was getroud met mnr Japie Brink – ‘n onderwyser aan die Hoërskool Bellville vir Biologie en Fisiologie. Hy was ook ‘n entoesiastiese sportafrigter. Tannie Lydia was op haar dae in die verplegingsberoep. Uit die huwelik is twee dogters en ‘n seun gebore.

Tannie Lydia is tans VLV Brackenfell Varings se erelid. Sy het in 1949 by die VLV aangesluit en was vir 75 jaar verbonde aan die VLV. ‘n Interessante feit is dat sy gebore is in 1929, die jaar van die VLV-stigting, dus 95 jaar gelede! Sy ontvang nog gereeld die Huis en Haard, spogblad van die VLV.

Ons eer haar kinders en hulle lewensmaats wat nog steeds so goed na haar omsien – hulle het vir haar ‘n stylvolle verjaarsdagtee aangebied in samewerking met die Klaradyn-personeel.

Die Varings se allerbeste wense vergesel ons erelid, Lydia Brink!

Tannie Lydia Brink