Sirkel :  Tygerberg

Tak :  Goodwood

Portefeulje :  Opvoeding
Beriggewer :  Alet Colyn

Datum :  16 Julie 2024

 

GOODWOOD EN DIE ONDERWYS

 

Umia Knibbs, ‘n onderwyskundige wat al 40 jaar in die grondslagfase van die onderwys spesialiseer, was die spreker. Sy het oor die stand van die onderwys gepraat en hoe dit in die afgelope 30 jaar verander het. Die stelsel het sedert 1997 al drie keer verander.

 

40% van die kinders tussen graad 1 en 12 verdwyn uit die sisteem. Sedert 2021 moet alle kinders in hoofstroomskole geakkomodeer word en daarom moet skole voorsiening maak vir sielkundige asook maatskaplike hulp. Daar is landwyd ‘n groot tekort aan hoërskole.

 

Sy beklemtoon weer die feit dat die eerste 5 jaar die grondslag van ‘n kind se ontwikkeling lê.

Daar is verskeie “bakstene” in ‘n kind se lewe:

Kognitiewe ontwikkeling; sy geheue; fisiese ontwikkeling, bv. dat die brein en spiere saam moet werk; groot motoriese ontwikkeling, bv. oefeninge; fynspierontwikkeling; balans; sosiale interaksie; die bou van ‘n selfbeeld; taalontwikkeling en woordeskatontwikkeling.

 

Sy sluit met twee aanhalings af en doen ‘n beroep op ons om vir ons land se onderwysstelsel te bid.

“Respect us when we tell you something. Remember, we didn’t use Google or Wikipedia to graduate…we used our brains.”

 

“A good speech should be like a woman’s skirt…long enough to cover the subject and short enough to create interest.”(Churchill).

 

 


Anita Vermeulen (sameroeper) en Umia Knibbs (spreker).

Die wintertafel gedek met sop en brood.