Sirkel: Namakwaland
Tak: Calvinia
Portefeulje: Gesondheid
Sameroepster: Nelia Schutte
Beriggewer: Annica Strydom
Datum: 16 Julie 2024
Calvinia oefen positief saam
Op 16 Julie 2024 het VLV Calvinia om ‘n yskoue aand heerlik warm geoefen by Sorgvliet saal as deel van die Gesonheidsportefeulje.
Alida Visagie demonstreer vir die dames lae impak “Aerobics” en die dames oefen te lekker saam. Daar was staan oefeninge, bene, maag en strek oefeninge op heerlike musiek.
Daarna vertel Nelia Schutte vir die dames van die boek Atomic Habits deur James Clear wat sy gelees het. Nelia het ook ‘n kursus gedoen en 11 lesse deur gewerk oor hoe om klein positiewe veranderinge te maak (gratis beskikbaar as mens by Google in tik: “atomic habits james clear course”.
Die volgende word onder andere in die kursus aangeraak:
- Dit begin met klein veranderinge byvoorbeeld as mens graag meer aktief wil wees:
- Trek eers net vir ‘n paar dae/weke jou tekkies aan
- Stap dan daarna om die huis
- Dan in die straat af, ens
- Praat positief oor jouself. Moenie byvoorbeeld sê: “ek is glad nie ‘n oefen mens” nie. Sê eerder: “Ek gaan bietjie meer aktief van nou af wees”
- Beskryf ook die tipe mens wat jy graag wil wees.
- Kies ‘n tyd/datum/plek wat vir jou sal pas. As jy weet 5uur die oggend is nie jou ding nie, moenie dan dit doen nie. As jy weet jy hou nie van ‘n sekere plek/gebied nie, moenie dit daar gaan doen nie. Maak jou tyd/plek vir jouself lekker en aangenaam
- Maak gebruik van ‘n gewoonte-joernaal waar jy jou gewoontes neerskryf.
- Sluit aan by ‘n groep wat jou gaan motiveer indien dit sal help.
Na die dames heerlik gesels het en idees uitgeruil het vir positiewe nuwe gewoontes het Annica Strydom vir die dames gewys hoe om op Achy Breaky Heart van Billy Ray Cyrus te dans en toe het al die dames die liedjie een maal deur gedans.
Na al die heerlike oefen en dans het die dames koffie/tee saam geniet en Nelia Schutte het vir die dames Bagels gemaak wat deel van die kompetisie artikels vir die jaar is.
Die dames besig met Aerobics
Nelia vertel van Atomic Habits deur James Clear
Klein veranderinge
Die dames lyndans
Leave A Comment