Sirkel: Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Leefstyl
Sameroeper: Elizabeth Terbanche
Beriggewer: Mariëtte Steyn
Datum: 12 Julie 2024
Sop–en–sjerrie–aand
Ten spyte van bittere koue, verspoelde paaie en hewige storms is ons nie afgeskrik om voort te gaan met ons beplande sop-en sjerrie-aand saam met ons manne nie. Vrydagmiddag is ons almal byeen rondom heerlike sopbakke, varsgebakte brood en tuisgemaakte konfyt asook die heerlikste patats. Ons koue lywe is opgewarm deur die glasie sjerrie wat ons by aankoms verwelkom het. Na die heerlike sop en broodjies, kon ons weglê in die malvapoeding en vla wat die aand afgerond het. Al wat gekort het, was die musiek, dan kon ons behoorlik die hitte met ‘n paar danspassies verdryf, maar gegewe die feit dat ons in die NGK Hermanus bymekaargekom het, het ons die dansery maar gelaat en by ons huise verder gaan kuier. ‘n Heerlike aand wat deur ons manne net so geniet is.
Welkom! Met ‘n glasie sjerrie
Die tafels kreun onder heerlike tuisgebakte brood, konfyt en kaas
Dis sjerrie en kuier
Die manne is heel tuis – veral met Anna Vosloo as geselskap
Om die tafel: lekker sop, broodjies, patats, ‘n glasie wyn en heerlike geselskap
En nog ‘n kuiery!
Leave A Comment