Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Saamroeper: Takbestuur
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 11 Julie 2024
Sop & Soetes op Bredasdorp
“Dit was nou zehr angenahm gewees. Jul VLV mag maar Soetes en Soppe!”
Hierdie terugvoer is een van vele. Die Sop & Soetes aand van VLV Bredasdorp op ‘n nat aand in ‘n volgepakte rolbalsaal was nét wat die dorp bestel het. Op 11 Julie 2024 het dit strome van seën gereën.
Sewe verskillende soorte uitheemse (Mediterreense) sop is op selfhelp-styl uitgestal en die broodtafel het gekreun onder die verskeidenheid vars brood.
Na ‘n hartlike verwelkoming het elke gasvrou (8 in totaal) haar eie tafel onthaal. Die geselskap was gesellig en almal het die gemoedelikheid geniet.
Nadat elkeen gaan koffie kry het is die hoofligte afgesit sodat elke gasvrou ‘n vlammende vanieljekoek op haar tafel kon neersit…die soet ná die sop.
Die kuns van flambée?
Maak seker die koek is dig en verwarm die vlambare alkohol voordat jy dit oor die koek se bolaag giet en – met ‘n langnek gasaansteker- aansteek. Die opdienbord moet vuurvas wees.
Sewe soorte sop.
Die broodtafel.
Gasvrou, Chantell Smith, met ‘n flambée.
Gaste kuier gesellig.
Die VLV se kosspan na afloop van die ete in die ruim kombuis.
Leave A Comment