Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 10 Julie 2024

 

 

Kuruman gee sweetpakbaadjies uit die hart

 

Die 2024-weergawe van VLV Kuruman-tak se jaarlikse Winterhoop-projek het behels om sweetpakbaadjies aan Die Ark in Kuruman te skenk. Die Ark huisves hulpbehoewende mense vir kort tydperke. Pastoor Gert Kriel sien om na die geestelike welstand van hierdie mense. Karin van der Walt (Opvoeding & Kultuur Saamroeper) het aangebied dat sy en haar naaldwerk studende sweetpakbaadjies sal maak. Lede kon geldelike skenkings maak vir die projek. VLV Kuruman-tak, wat met elke VLV-vergadering wegneemetes verkoop, het (saam met die skenkings) twee maal die wegneemetes se fondse gebruik om materiaal te koop vir die projek. Daar was genoeg geld om 18 sweetpakbaadjies te maak. Karin en haar studente het hard gewerk om al 18 klaar te maak, sodat dit op die Openbare Sake-vergadering van Woensdag 10 Julie 2024, aan Pastoor Kriel oorhandig kon word.

 

Karin van der Walt (voor) en haar naaldwerkstudende met die sweetpakbaadjies wat hulle vir Die Ark gemaak het. Die studente is van links Ororiseng Moshega, Refilwe Sathu, Doreen Mabhudi, Dimpho Jantlwe, Boitumelo Leero, Violet Morale, Dineo Maamogwe en Otshepule Pitso.

 

Pastoor Gert Kriel ontvang die sweetpakbaadjies namens Die Ark. Karin van der Walt oorhandig dit namens VLV Kuruman-tak aan hom.

 

Daar was 18 sweetpakbaadjies in totaal.