Hierdie eenbedryfopvoering is ‘n eerste deur VLV-lede by Kongres 2024!
Ons almal sien uit na DIE VERE MAAK DIE VOËL!
EENBEDRYF:
Die eenbedryf met die titel Oervoël was Langebaantak se inskrywing in die Woordkuns-afdeling.
Die tema was Die vere maak die voël. Oervoël speel af in ’n museum.
Die vier karakters is:
- Oervoël.Oervoël is ’n fossiel in die museum wat 150 miljoen jaar oud is.
Oervoël begin en vertel ontevrede dat hulle haar daar in Duitsland uit die kalksteen opgegrawe het en in die museum kom sit het waar mense gedurig na haar kom kyk. Sy is oud en wil net in vrede rus.
Elma Oberholzer is Oervoël.
- Volstruis is 112 miljoen jaar oud.
Volstruis is trots daarop dat sy van Oervoël afstam en nog baie goeie eienskappe behou het. Sy is groot, sterk en waardevol vir die mensdom.
Hannetjie Basson is Volstruis.
- Swael is 54 miljoen jaar oud.
Swaeltjie is baie jonger, maar stam ook van Oervoël af en reken dat sy oor eienskappe beskik waaroor geen ander afstammeling kan spog nie. Sy kan sing en baie ver vlieg.
Dalena van der Vyver is Swael.
- Slang is 100 miljoen jaar oud.
Slang, glo dit as julle wil of nie, is ook ’n afstammeling van Oervoël. Hulle het albei reptieltande. Soos van ouds, wil slang die hele tyd net moeilikheid maak.
Mariette Opperman is Slang.
Intussen is die spanning besig om op te laai. Daar is rook en vlamme in die museum. As die brand nie betyds geblus word nie, staar die oerfamilie totale uitwissing in die gesig.
Ons nooi julle uit na die aanbieding van Oervoël.
Die vier rolsprelers & Saamroeper
Agter: Maureen Koekemoer (Saamroeper), Hannetjie Basson en Dalene van der Vyver
Voor: Elma Oberholzer en Mariette Opperman
Leave A Comment