Sirkel: Weskus

Tak:    Langebaan

Portefeulje:   Kunste en Handvlyt

Sameroeper: Ria Nagel

Beriggewer: Mariette Opperman

Datum: 3 Julie 2024

 

Kunste en Handvlyt groet ’n lid met spyt

 

Kunste en Handvlyt groet Marianne de Waard wat Kleinmond toe verhuis met ’n heerlike koffie-en-koekkuier by die Tolhuis.

 

Liewe Marianne, ons sagmoedige lid, mag dit met jou goed gaan. Ons wens jou seën en voorspoed toe.

 

By Kunste en Handvlyt word daar altyd produktief gekuier. Ons luister mooi, werk met aandag en wys met trots wat ons gemaak het.

Marianne word omring deur haar Kunste en Handvlyt-vriendinne.