SIRKEL: Noordoos-Kaap
TAK: Queenstown
PORTEFEULJE: Projek 2024
SAAMROEPER: Wanda Barnes
BERIGGEWER: Retha Peens
DATUM: 20 Junie 2024
Queenstown – NOK VLVK-PROJEK/ CWAA PROJECT 2024
BEVORDER EN KWEEK ‘N LIEFDE VIR DIE NATUUR EN DIERE
PROMOTE AND CULTIVATE A LOVE FOR NATURE AND ANIMALS
Queenstown se VLV-lede was op ‘n paar staptogte in die omgewing, nl. Royden wildplaas, Wolwespruit en Imvani.
Ook is ‘n projek gedoen met kinders om by die huis minder afval te produseer en om goed eerder te hergebruik as om die natuur te besoedel.
Die Graad Sewes van Laerskool Hangklip het saam met Juffrou Rikie (VLV-lid) die spekboom behandel, en sommer ‘n projek aangepak. Hulle het klein spekboomplantjies geplant in klein bakkies met ‘n boodskappie by om te sê hoe jy die boompie moet versorg.
Aan die einde van die jaar gaan hulle kyk wie se spekboompie het die mooiste gegroei, en hulle het gesels oor die invloed van spekbome in die omgewing en natuur.
Onderwysers het vir hulle op internet gaan soek en gekry dat die olifante in Indië die mooiste en gesondste is en ook die oudste word. Dit is omdat hulle hoofsaaklik op spekboomblare leef. Hulle het ook vir hulle al die medisinale waardes van spekbome gegee, en die feit dat dit suurstof in die omgewing vrystel.
Royden
Wolwespruit
Dapper en stapper
Blesbokke op ‘n staptog…..
En ook ‘n Kameelperd
Hoe ver nog…?!
VLV-lede met hul manne
VLV-lid Wanda Barnes links
So lekker!
Leave A Comment