Tak: Langebaan
Portefeulje: Leefstyl-inligtingsdag
Sameroeper: Ella Barnard
Beriggewer: Mariette Opperman
Datum: 20 Junie 2024
Langebaan Leefstyl inligtingsdag oortref verwagting
Op 20 Junie 2024 is ’n suksesvolle Leefstyl-inligtingsdag by Langebaan Primêr gehou. Ita van der Merwe, VLV-beoordelaar, het kompetisie-items bespreek en raad is gegee oor al die moets en moenies. Ita is voorwaar ’n biblioteek van inligting. Tussendeur het die dames heerlik gekuier, gesmul aan die sop vir middagete en voor die afsluiting is ’n paar lootjies getrek. Gans te gou het hierdie genotvolle dag ten einde geloop.
Elmorie by haar mooi gedekte tafel.
Louna en Sonya behartig die registrasie- en lootjieverkope.
Melaine open Leefstyl se inligtingsdag met Ita wat aandagtig luister.
Velddrif se tweeling-om-die-lyf verteenwoordigers.
Melaine saam met tannie Ray, voorsitter Aurora.
Trix is die gelukkige lootjiewenner.
Vredenburg se wenner.
Die laaste lootjiewenner is Ria Nagel.
Hartlike dank aan Ita wat haar kennis so mildelik met die dames gedeel het.
Langebaan-span vermaak die gaste met ’n roerende klikketie-klak-vertoning.
Leave A Comment