Sirkel: SWD

Tak: Sedgefield

Portefeulje: Opvoeding

Saamroeper: Carin Van Niekerk

Beriggewer: Carin Van Niekerk

Datum van vergadering: 19 Junie 2024

Kamera, ligte, aksie! by Sedgefied VLV

Die Opvoedingsvergadering op 19 Junie 2024 van die VLV Sedgefield-tak was vol verrassings. Die dames is begroet met kameras, groot beligtingstoerusting en kameraman, AV, van Lekka Lokal Tv wat die verrigtinge met sy kamera volg. Lekka Lokal Tv spits hulle toe op die plaaslike gemeenskap met die maak van o.a. advertensies en kortfilms.

Jaco van Dyk, ook van van Lekka Lakol Tv, het ‘n mini werkswinkel oor die maak van video’s aangebied. Die doel van die werkswinkel was om die dames die nodige inligting te gee oor die tegniese aspekte in die vervaardigingsproses van ‘n kortfilm, aangesien al die dames van die Sedgfield-tak deel gaan wees in die skiet van hulle eie kortfilm. Sommige dames gaan hulle lyf akteur hou, en die ander dames gaan by die tegniese afdeling soos o.a. die regie, die redigering, die klank, die beligting, die kostuums en die grimering betrokke wees. Hierdie kortfilm sal vroeg in die somer geskiet word. Daar was beslis ‘n opgewondenheid onder die dames te bespeur met die vooruitsig van die maak van hierdie kortfilm.

Die onderwerpe wat Jaco met die werkswinkel bespreek het, was die belangrikheid van die driepoot, fokus, balans, skootbeskrywings, die Blimp Mic, Zoom H5 en beligting. Om ‘n video te maak, verg baie voorafbeplanning en baie ure se redigering agterna om die finale produk te beeldsaai. Daar is ook sekere wetlike aspekte daarvaan verbonde.

Jaco het ‘n interessante video oor die ontstaan en ontwikkeling van die rolprentteater gespeel. Die Lumière broers se eerste film was 50 sekondes lank en is vir die eerste keer in 1896 vertoon. Die film, Arrival of a Train at La Ciotat, het gehandel oor ‘n trein wat by ‘n treinstasie intrek.

Miemie De Lange en Carin Van Niekerk

Jaco Van Dyk

Video toerusting

Ligte